Rauma

Rauma
Raumo

Kaart Wapen
Vlag
 Land Finland
 Provinsie Satakunta
 Administratiewe gewes Rauma
 Koördinate 61°8′N 21°30′O / 61.133°N 21.500°O / 61.133; 21.500
 Stigting Laat Middeleeue
 Stadstatus 17 April 1442
 Oppervlakte:  
 - Totaal 1110,14 vk km
 - waarvan land 495,58 vk km
 Hoogte bo seevlak - m
 Bevolking:  
 - Totaal (30 Junie 2010) 39 692
 - Bevolkingsdigtheid 80,1/vk km
 - Taal Eentalig Fins
 Tydsone UTC +2 (OET)
 - Somertyd UTC +3 (OEST)
 Stadsdirekteur Arno Miettinen
 Amptelike Webwerf www.rauma.fi

Rauma (Fins: [ˈrɑu̯mɑ]; Sweeds Raumo) is 'n stad en munisipaliteit in die weste van Finland. Dit is in die suide van die provinsie (of landskap) Satakunta aan die Oossee geleë.

Rauma is die derde oudste stad in Finland ná Turku (Åbo) en Porvoo (Borgå) en het reeds in 1442 stadstatus gekry. Vandag staan Rauma veral vir sy oustad met talle historiese houthuise en sy kenmerkende dialek bekend. Die oustad – die grootste van sy soort in die Nordiese lande – is in 1991 deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search